![](kunstenaars/bobby/bobby-van-jaarsveld.jpg)
Meer oor bobby van jaarsveld
Bobby van Jaarsveld is gebore op 6 Maart 1987. Hy is die middelste van drie kinders. Sy jonger sussie Cara is 11 jaar jonger as hy en sy ouer suster, Karlien is net 15 maande ouer as Bobby en self ook ‘n musikant. Sy ma, Ronel, bestuur sy loopbaan en woon in Groenkloof Pretoria en sy pa, Bob, is ‘n besigheidsman in Witbank. Bobby woon in Centurion en is in Januarie 2011 getroud met Annatjie Rheerders.
Bobby het sy professionele sangloopbaan begin aan die einde van sy Graad 11 jaar in 2004 toe sy eerste album uitgereik is deur Blêr Musiek olv Blackie Swart. Daarna het Theuns Jordaan en Arnold Coleske op die toneel verskyn en Bobby se debuut album bereik goue status!
Onder leiding van Coleske Artists reik Bobby in Oktober 2009 sy tweede album uit, NET VIR JOU. Hierdie album behaal behaal platinum status in net 8 weke en het reeds die dubbel platinum status verby gegaan met verkope van oor die 80 000 eenhede.
ALBUMS
![](kunstenaars/bobby/album-bobby.jpg)