Meer oor karlien van jaarsveld

Oudste van 3 kinders. Gebore 21 Desember 1985 in die Paarl. Haar jonger broer is die reeds bekende Bobby van Jaarsveld en sy het nog ‘n sussie, 10 jaar jonger as sy, Cara. Karlien het in Brits H-Skool haar matriek geskryf en woon al vir die afgelope paar jaar in Pretoria. Haar pa, Bob van Jaarsveld, is ‘n sakeman in Witbank en haar ma, Ronel Brink, woon in Pretoria. Ronel bestuur ook die loopbane van beide Bobby en Karlien van Jaarsveld.

Sy het haar musiekloopbaan begin as kitaarspeler en agtergrondsanger vir Bobby van Jaarsveld. Later het sy haar eie rockband gestig, Revolusie, en was vir ‘n jaar of wat meer bekend in die rockkringe van Suid-Afrika. Sy het egter teen einde 2008 besluit om eerder ‘n solo loopbaan te volg en is amper onmiddellik daarna ‘n cd kontrak aangebied deur Mozi Records onder leiding van Johan Vorster en Sean Else nadat hulle Karlien by die Rittelfees hoor sing het. Einde 2010 verander sy van platemaatskappy naamlik Johan Vorster Musiek en haar album word kry ‘n nuwe baadjie. 4 Liedjies word afgehaal van AS DIE GORDYN VAL en vervang met 5 nuwe trefferliedjies. Die album word herdoop na JAKKALS TROU MET WOLF SE VROU.

JAKKALS TROU MET WOLF SE VROU bereik GOUE Status binne 4 maande na uitreiking en is nou baie sterk oppad na Platinum Status.

ALBUMS

Karlien op

Karlien van Jaarsveld

optrede skedule

volg ons

Luister Na

Karlien van Jaarsveld