![](kunstenaars/jay/jay.jpg)
Meer oor jay
Jay se langverwagte solo-album, SOLO, het einde 2010 die winkelrakke betree en spog reeds met PLATINUM STATUS vir verkope van vêr meer as 40 000.
Hy spog ook reeds met twee Huisgenoot Tempo Toekennings vir Beste Pop Album en Liedjie van die Jaar vir Melanie asook twee SAMA-nominasies vir Beste Pop Album en Beste Nuweling .
Jay se uitmuntende stemkwaliteit gekombineer met sy plat-op-die-aarde persoonlikheid, passie vir musiek asook pop-rock treffers vanuit die pen van SA se grootste liedjieskrywers sal maak dat dié solo-album ‘n debuut-album is om te onthou!
Hy is ook later vanjaar te sien in die rolprent PLATTELAND uit die pen van Deon Opperman en Sean Else waar hy die rol van Jakes vertolk en boonop speel Steve Hofmeyr sy pa… Platteland is vanaf November op die grootskerm.
Jay het kragte saamgesnoer met die baie bekende handelsmerk LEE COOPER - hy is nou die amptelike gesig van Lee Cooper jeans wear en parfuum in Suid-Afrika. Kyk uit vir groot verassings by sy shows reg oor die land .
ALBUMS
![](kunstenaars/jay/album-jay.jpg)