Meer oor jak de priester

In 2002 het Jak de Priester die Afrikaanse musiekbedryf met regop hare en Sally Williams nougat betree - by hook or by crook, maar sing wou hy sing! Daardie jaar wen hy die ATKV Crescendo kompetisie wat hom die geleentheid bied om sy eerste album (Sally Williams Nougat) op te neem en raap ook daardie jaar die Geraas Musiektoekenning vir Beste Nuweling weg voor strawwe kompetisie soos onder andere Klopjag en Gian Groen. Dit was die begin van alles, kort voor lank verskyn hy by die Huisgenoot Skouspel in Sun City met sy liedjie Sally Williams Nougat en tref die harte van die Afrikanervolk met dié lied wat gaan oor die verlange na iemand wat Londen toe gaan. Van daar af was daar geen stop aan die kuifkop nie, ses oorspronklike albums verskyn daarna waarvan Jak de Priester al die liedjies self geskryf het (Strate van my hart 2004, Brooklyn Poet 2005, Stellenbosch Lovesong 2007, Groen Mamba 2009 en Skrif teen die muur 2011), twee boeke, ‘n digbundel getiteld Heuning in die mond (2007) en Brood (2010) waarvan die temalied deur Laurika Rauch opgeneem is.

2012 is dit 10 jaar later! En daar is steeds geen keer aan Jak de Priester se passie en liefde vir die verhoog nie, inteendeel sy talent as liedjieskrywer en sanger het soveel gegroei van die kuifkop plankmaer kind wat in 2002 sy verskyning gemaak het.

lees meer

Jak de Priester word deur ander beskryf as iemand wat die lewe vir jou kan omsit in ‘n liedjie, wat ‘n storie kan vertel dat jy lag en huil. As jy by ‘n vertoning uitstap, het jy jouself ‘n paar keer in die spïeel bekyk. Dis dalk dié resep wat maak dat sy aanhangers na 10 jaar steeds sy stoele volsit en entoesiasties wag en reageer op elke nuwe cd,boek of liedjie wat hy vrystel.

Van “nougat” tot nou! Is sy 10 jaar “anniversary” konsert. ‘n Mens moet celebrate as jy dit 10 jaar in die bedryf oorleef het. Die konsert sal die gehoor op ‘n 10 jaar journey neem, vandat hy met ‘n kuif en ‘n stukkende denim op die verhoog gegaan het, onvergeetlike oomblikke, die liedjies wat vir sy sukses verantwoordelik was , die lang pad wat ‘n kunstenaar moet stap, die lewe op die pad, die skryfproses, die veranderinge, stories, gedigte, ‘n lag en ‘n traan. ‘n Show wat vir ‘n toegeweide aanhanger ‘n 10 jaar hoogtepunt sal wees, maar vir die wat in 10 jaar nog nooit by ‘n Jak de Priester show was nie, insig sal gee oor die kunstenaar se musiek en kuns in geheel. Om musiek op die verhoog, lewendig te maak, voor die oë van die mens, is ‘n ewige voorreg. 10 jaar later!

Jak de Priester op sy beste!

Jak de Priester word in September hierdie jaar deur die ATKV vereer vir sy bydrae tot Afrikaans. ‘n Wonderlike eer wat so gepas, hand aan hand gaan met sy 10 jaar feesvieringe!

terug

ALBUMS

Jak de Priester

optrede skedule

volg ons

Luister Na

Jak de Priester