Meer oor gerrie pretorius

Dis na 10 jaar in die musiekbedryf en met verskeie Goue en Platinum uitreikings dat Gerrie Pretorius terugkyk en dit vier met n album van sy grootste treffers. Gerrie se loopbaan het destyds vlam gevat met die topverkoper en dansbaan treffer "Annemarie" , daarna het verskeie albums gevolg van liedjies soos Adio Amore , 7 sondes , Bly by my en nog vele meer! Gerrie het ook duette opgeneem met van Europa se groot kunstenaars soos Anny Schilder van BZN en Christoff van Belgiƫ en het hy al verskeie kere die verhoog met Vlaamse sangeres Dana Winner gedeel.

Hierdie is n versameling van al Gerrie se gunstelinge , topverkopers en liedjies waarvoor die publiek gevra het asook n liedjie of twee wat hy vir die eerste keer en spesiaal vir hierdie Album opgeneem het.

ALBUMS

Gerrie op

Gerrie Pretorius

optrede skedule

volg ons

Luister Na

Gerrie Pretorius