Meer oor george meiring

Op vyf-jarige ouderdom wen George sy eerste sang kompetisie saam met sy ouer broer Bertus en suster Anne as die “Meiring Trio”. Alhoewel hy ‘n plaasjapie van die Wesselsbron distrik in die Vrystaat was, het George altyd geweet dat hy sang sy lewe wil maak en was vol vertroue dat hy ‘n blink toekoms het.

Gedurende sy skooljare in Nelsdrift Primêre Skool en Welkom-Gimnasium het George ywerig deelgeneem aan skoolkonserte, maar het nooit terug gestaan op die sportveld nie en verdien provinsiale kleure in rugby en atletiek. Sy groot liefde bly egter sang en George sing vir twee jaar in die Vrystaatse Jeugkoor. Gedurende die koor se Europese Toer in die vroeë negentigs, tree George op as die koor se solois.

Op 21 wen George die gesogte Radio Oranje (OFM) Sang kompetisie, sowel as die Star Model of the Year kompetisie en word gekies deur New Face Model Agentskap om na Europa te toer waar hy onder andere modelwerk doen vir Dolce & Cabana.

Gedurende die volgende elf jaar reis George deur die wêreld en werk vir ‘n bekende koninklike familie en tree hy gereeld op in eksotiese plekke soos Dubai, Italie, Spanje, Marokko en Frankryk.

ALBUMS

George op

George Meiring

optrede skedule

volg ons

Luister Na

George Meiring