![](kunstenaars/snotkop/snotkop.jpg)
Meer oor snotkop
SA SE GROOTSTE POP SENSASIE!
Die splinternuwe treffer belaaide SNOTKOP album 'EK LAAIK VAN JOL' is uit!
Die album is skaars 'n paar weeke op die rakke en is reeds nommer 4 op DKNT se Top tien beste verkopers, en verkoop soos soet koekies dwars deur die land!
'Ek laaik van jol' is 'n versameling van 15 gatskop treffers, insluitend die party anthem 'Ek laaik van jol' en die hartroerende 'Song vir my Dad' wat Francois vir sy Pa geskryf het 'n week voor hy gesterf het. 'Song vir my Dad' kan tans op radiostasies reg oor die land gehoor word en die eerlike, hartroerende lirieke praat direk met die hart.
Die album word deur kenners beskou as Snotkop se beste werk tot datum. Hierdie baanbreker album het 'n vars, nuwe, pop aanslag met die kenmerkende Snotkop tong in die kies lirieke wat enige partytjie vinnig aan die gang sal kry!
SA se gewilde, SAMA benoemde kunstenaar, Snotkop is een van die land se populêrste kunstenaars wat duisende mense se harte gesteel het met sy talent, musiek, positiewe boodskap, passie en aansteeklike energie! Vol gepakte sale en met meer as 100 000 albums al verkoop het Snotkop sy merk duidelik in die musiek bedryf gekerf.
ALBUMS
![](kunstenaars/snotkop/album-snotkop.jpg)