![](kunstenaars/broers/broers.jpg)
Meer oor broers
Na 18 jaar se ondervinding in die musiekindustrie is dit sekerlik tyd vir die Broers om ‘n grootste treffers-album vry te stel.
Broers het egter ‘n stappie verder gegaan en ‘n lewendige konsert opgeneem. Daarmee bied hulle vir hul aanhangers ‘n album met al hulle treffers. “Trein na Margate”, “Jonk Bly”, “7x70”, “Toeter Skoeter”, “Huistoe”, “10 000 myl” en “Daar sal nuwe winde waai” is alles op een album wat splinternuut klink.
Benewens die treffers, het al die bekende nommers wat Broers gereeld tydens hulle konsert-uitvoerings sing, ook hierdie slag ‘n plek op die baie gesogde versamel-album gevind. Liedjies soos “He ain’t heavy, he’s my brother”, “Africa”, “Better be home soon”, “Sy leer my om te Jodel”, “Down South in New Orleans”, “Hard to say I’m sorry”, asook die immergewilde “American Trilogy”, is ingesluit.
Broers het ook hulle ou sangmaats, “The Bala Brothers”, nader getrek en sing twee wonderlike liedjies saam met hulle: “Me gu ru”, asook “The way old friends do”.
Die samestelling van hulle gewildste liedjies is lekker vloeiend en bevat 18 snitte wat in konsertformaat aan die luisteraar gebied word.
ALBUMS
![](kunstenaars/broers/album-broers.jpg)