Meer oor jovan en thelma

Toe hierdie sangpaar aan die 2003 Kynet, Zing kompetisie deelgeneem het was dit duidelik dat hulle veel verder sou vorder as slegs hierdie deelname. In die sewe jaar wat daarop gevolg het, het hulle sonder ophou opgetree, liedjies geskryf en hulself voorberei om hul debuut album “Rondomtalie Liefde” ‘n spog produk te maak.

Nadat Jovan en Thelma vroeër die jaar met groot sukses die Franse volkslied tydens die rugby toets tussen Suid Afrika en Frankryk op Nuweland uitgevoer het,was die tafel gedek om hierdie produk te loods.

Met twaalf oorspronklike snitte meestal uit die pen van Jovan en Thelma neem die album jou op ‘n romantiese rondomtalie rit wat dui op die lief en leed wat dit bring om in ‘n verhouding betrokke te wees. Die feit dat Jovan en Thelma ‘n egpaar is, dra by tot die geloofwaardigheid asook die volwasse vertolking van hierdie besonderse liedjies.

Met die eerste luister slag is dit duidelik dat die titel snit, “Rondomtalie Liefde” ‘n groot treffer gaan word. Die ritme van “Hierdie Hart”, “Die een vir my” asook “Hierdie 4 Woorde” laat die voete jeuk en word die romantiek nie slegs in ballade vorm aangebied nie.

lees meer

Die lekker loslit liriek van die Steve Hofmeyr treffer “Kopafkind” bring balans na die album, ‘n liedjie wat hy alreeds in 2004 vir hulle geskryf het. Dit is dan ook die enigste nommer wat nie uit Jovan en Thelma se pen voortspruit nie.

Daar is ook die pragtige ballades “Net Jy” asook die sielvolle vertolking van Jovan se solo “As jy net kon weet”. Dis dan ook lekker om te luister na die emosiebelaaide stem van Thelma op die snit “Ek mis jou”.

Met hul afgeronde en suiwer stemme kan mens hoor dat hulle elkeen ‘n solo kunstenaar in eie reg is. Dit is egter in duet vorm waar hierdie man en vrou kombinasie skitter. Die harmonie sowel as die eenheidsklank neem die musiek na ‘n volgende vlak. Met die kundige musikale versorging van die verwerkings asook die hantering van die produksie deur die Snyman broers is dit ‘n afgeronde produk van hoë kwaliteit en ‘n lus om na te luister. “Rondomtalie Liefde” word uitgegee en bemark deur Snyman Musiek Produksies. Geniet dit!

terug

ALBUMS

Jovan en Thelma

optrede skedule

volg ons

Luister Na

Jovan en Thelma