![](kunstenaars/zandre/zandre.jpg)
Meer oor zandre
Dit is met min twyfel dat hierdie talentvolle Kaapse meisie, vinnig op haar pad is as een van Suid- Afrika se veelsydigste en gesogste vroue kunstenaars van ons tyd. Met Zandre se pragtige voorkoms word sy geinspireer deur kunstenaars soos Shania Twain, Faith Hill en Taylor Swift. Met dit in gedagte is dit dan ook geen geheim dat Zandre baie tyd maak in haar genre vir ‘n moderne country klank wat goed aangepas en verwerk is vir die aanvraag van komersiele musiek,hetsy dit nou Afrikaans of Engels is.
Zandre het al van ‘n jong ouderdom af haar passie vir musiek begin uitleef. Sy het op die ouderdom van 13 reeds in sangkompetisies deelgeneem en by haar plaaslike musiekskool die student van die jaar toekenning verwerf. Zandre het die voorreg gehad om twee keer in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir uitvoerende kunste deel te neem waar sy gekies is as deel van die Suid-Afrikaanse span om haar land te verteenwoordig in die internasionale kampioenskappe vir uitvoerende kunste in Los Angeles, Amerika,waar daar 52 lande deelgeneem het.Haar prestasies het ingesluit, ‘n Goue, silwer en n ‘’Industry Award’’ vir uitsonderlike verhoog optrede. Nadat Zandre gematrikuleer het het sy haar eerste CD voltooi en plaaslike radiostasies ontvang dit tans met ope arms. Haar liedjie “Jy’s Beautiful” was ook nommer 1 op Radio Rippel in Pretoria se Top20.
ALBUMS
![](kunstenaars/zandre/album-zandre.jpg)