Meer oor bok van blerk

Hy het ‘n manier om met sy musiek die land aan die praat te kry. Bok van Blerk het ‘n gawe om ‘n aar raak te boor en mense nie net aan die dink te kry nie, maar ook aan die dans. En dit sit nie in enige ou se broek nie.

Sy eerste album, De la Rey, het die land met ‘n donderslag getref. Daar is toe gewonder of dit sy enigste sukses gaan wees. Dit was nie. Met sy tweede album, Afrikanerhart, het hy die een prys na die ander ingepalm onder meer as topverkoper by vanjaar se Sama’s, Tempo- en Rapport Vonk-toekennings.

Sy derde album, My Kreet, wys Bok is ‘n uitsonderlike talent wat nog ‘n lang pad in Suid-Afrikaanse musiek gaan stap. Hy het ‘n besondere talent en die liedjies op die album gaan hom beslis weer vestig as een van die groot name in Afrikaanse musiek.

Bok wys met hierdie album ook sy staal as liedjieskrywer. Hy het help skryf aan die titelsnit en verskeie van die ander trefferliedjies op die album.

Daar is verskeie sterk snitte op die album. Om die waarheid te sê bestaan die album uit die een hoogtepunt na die ander. Bok se gawe om ernstige kwessies aan te spreek, maar ook die plesierigheid van Suid-Afrikaners te verwoord, word weer uitstekend op die album bewys.

ALBUMS

Bok op

Bok van Blerk

optrede skedule

volg ons

Luister Na

Bok van Blerk